Ir Olav's Globetrotters Logo
  • About Us
  • News & Media
  • Videos
  • News
  • Podcasts
  • Webinars
  • Go to News & Media
  • Living in NL
  • Jobs
  • Contact
  • Our eBook
  • Apply now
  • About Us
  • Videos
  • News
  • Podcasts
  • Webinars
  • Go to News & Media
  • Jobs
  • Contact
  • Our eBook
  • Apply now

    Wat Afrikaans vir my beteken

    Article7 May, 2025

    Ek was nog altyd trots Afrikaans, maar hier in Noord Brabant,

    Nederland is die klank van Afrikaans in 'n winkel of op straat

    so soet soos heuning in moerkoffie. 

    Híér word Afrikaanse vreemdelinge "my mense".

     

    Dis die taal van kuier om braaivleisvure en kinders wat wegkruipertjie speel.

    Dis die taal van Namakwalandblomme en sonbesies wat sing,

    Dis die taal van kaalvoet oor die Drakensberge en windpompe wat draai op die vlaktes van die Groot Karoo.

    Dis die taal van Tietiesbaai tot by Verkykerskop.

     

    Afrikaans is die;

    Smaak van koeksisters, melktert en biltong

    Die reuk van Weskus seelug en bokkoms

    Die klank van reën op 'n sinkdak

    Die gevoel van 'n snoesige kombers op 'n koue wintersdag.

     

    Afrikaans sit nie net op my tong nie, dit leef in my hart.

    Dit bind my aan my kultuur, my mense en wortels.

    Geluk met jou 100ste verjaarsdag. Afrikaans. My taal!

    • Riaan Buijs

    Ir Olav's Globetrotters Logo
  • About Us
  • News & Media
  • Living in NL
  • Apply now
  • Privacy policy
  • Terms and conditions
  • © Disclaimer